Ons koffie proe aangebrand (burned)!

Below is a transcript of emails exchanged with a client about a burned taste. It is in Afrikaans. Read from the bottom up:

Deon skryf:

Ek het onlangs n soortgelyke klagte mbt n gebrande smaak op n Phedra gehad . Die boiler se temp was op 105″ C gestel. Dit afgebring 90 toe en die mense is nou happy. My voorstel is om nie House Blend te gebruik by so n site met baie verskillende mense nie . Barista en Java werk goed met vars melk, die House Blend is n wenner wanneer daar amper net wit koffies met droe melk poeier consume word, bv call centres .

Manus skryf:

Hi Ronel,

Ek het met Elaine vinnig gesels en jy mag dalk weer met haar en selfs met Dewald, ons operations manager, gesels het vandag?

Hier is my terugvoer met so ‘n navraag, en ek copy ook vir Deon, ons Roasting Master wat die CEO van ons Roaster is met al die resepte en prosesse wat hy na kyk vir enige moontlik input van hom af dalk.

Punt 1:   Dis regtig baie moelik om sommer net so in ‘n email die antwoorde te gee want mens moet die persoon of persone direk mee gesels om hul opinie te kry en te hoor wat hulle se.  Soortgelyke kommentaar gebeur van tyd tot tyd en dis eintlik heel normaal, want mense het almal verskillende “taste buds” en dit kan moeilik wees om almal gelukkig te maak partykeer.  Dit hang ook af van wat hulle werklik gedrink het. Espresso? Americano? Cappuccino?. Ook vra ek die mense ALTYD wat drink hulle by die huis. As hulle by die huis Ricoffy of Nescafe drink gaan enige espresso (bean to cup) masjien se koffie sterker en anders proe en partykeer is hulle net nie gewoond daaraan nie.  Ek sal ook wil seker maak dis nie net ‘n handvol mense wat kla, maar daar is dalk baie ander wat mal is oor die koffie nie. Mens moet versigtig wees om veranderinge te maak net vir ‘n paar mense as die res happy is (ek noem dit net)

Punt 2:  Ons rooster al ons koffies rondtom medium roasting temperature.  Ons rooster GEEN koffies teen hoe temperature om “dark roast” te kry nie.  Dit werk nie goed in automatiese masjiene nie en proe verseker aangebrand. So dit kan nie die fout wees nie.  Ons House Blend het so 25% Robusta bone in wat hom eintlik so bietjie meer bitter maak en meer “punch” gee. Party mense hou daarvan, maar hy is tegnies nie ideaal vir swart koffies nie, maar werk baie goed met cappuccino’s en latte’s.  Die Barista is ons groot sukses verhaal. Dis by verre die mees populere blend met ‘n mengsel van Brazil, Afrika en Indonesie koffies. DIs regtig ‘n lekker “mild” koffie en werk goed met swart en “wit” koffies.  

Punt 3:  Kleiner tegniese aspekte kan tog ‘n impak het op die smaak, soos die temperatuur van die water van die masjien.  As dit net ‘n 2-3 grade te hoog is kan die dit espresso “brand” en sodoende ‘n snaakse/gebrande smaak gee. Elaine het blykbaar gister daar die temperatuur afgestel, so mens kan die persone net vra om weer te proe.

Punt4:  Ek sal definitief voorstel dat Elaine op haar volgende besoek spesifiek met die persone gesels by die koffie masjien om hulle opinies weer te kry terwyl hulle saam proe.  Daar is settings op die masjien wat verfyn kan word om die smaak aan te pas soos om die “doser” minder of meer te stel om ‘n flouer of sterker koffie te maak, ens. 

Punt 5:  Laastens kan ons natuurlik kyk na een van ons ander blends.  Ons het omtrent 10 baie populere blends. Partykeer is ‘n verandering nodig, maar dis selde die geval, daarom los ek die punt vir laaste.  As ons bg punte tackle gaan ons die probleem oplos voor ons hoef te verander.

Hoop dit help.  Elaine sal die proses hier bo saam met jou dryf.

Ronel (Klient) skryf:

Goeie more Manus, Hoop dit gaan goed. Ek het bietjie raad nodig. Is jy bekend met julle koffie produk of werk jy meer met die masjiene?

Ons het die House blend gebruik en ook toe nou die Barista een. Ons pasiënte bly kla dat die koffie gebrand proe. Het jy dalk raad vir ons asb?

IS daar ‘n blend wat ‘n medium roast is met ‘n sagte smaak en kan ons die masjien stel dat daar meer melk in die koffie is? Kan die masjien dalk die probleem wees, want Elaine het die A10 masjien as ‘n demo hier gelos en ons het nie klagtes gekry oor die koffie nie.

Byvoorbaat dankie


info-circle linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram